Jonaskop besoek 2022-12-16

Rassie ZS1YT en Jan ZS1Z het Vrydag 16 Desember 14h30 op gery na Jonaskop om te gaan ondersoek instel wat die fout met die herhaler is. Na erge verkeer en ‘n baie slegte pad kon ons dit maak tot bo. Die beurtkrag het skade aangerig en gevolglik haak die herhaler vas wanneer die oorskakeling plaasvind tussen die batterye en die kragbron. Die tydelike oplossing was om die herhaler as alleenstaande 2m herhaler te stel en die UHF skakels te verwyder. Dus is die 675 herhaler nou nie gekoppel aan enige ander herhaler nie.
‘n Groter probleem is dat die SWR van die 2m antenna baie hoog is! Dit veroorsaak dat die herhaler terug sny op sy krag. Die 4 stack folded dipole antenna is ook al baie oud en die jare se son en wind en reën het maar sy tol geëis. Die oplossing is ‘n nuwe antenna maar met harnas praat ons van baie geld! Ek sal meer inligting bekom van die koste en dan kan die amateurgemeenskap hopelik bydraes maak.

Die pad is plek plek erg beskadig na die onseisonale reen